Acts 13:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe die plaasvervanger toe hy sien wat gebeur het, het hy geglo, verbaas oor die leer van die Here. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die goewerneur sien wat gebeur het, het hy gelowig geword, en hy was verstom oor die Christelike leer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die goewerneur dan sien wat daar gebeur het, was hy verslae oor die leer van die Here en het geglo. |
| Afrikaans 1983 | Die goewerneur was diep onder die indruk van die leer van die Here, en toe hy sien wat gebeur het, het hy gelowig geword. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die prokonsul sien wat gebeur het, het hy, verstom oor die leer van die Here, gelowig geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die goewerneur sien wat gebeur het, het hy in Jesus geglo, en hy was baie verbaas oor wat die mense oor die Here geleer het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat die goewerneur gesien het wat gebeur het, het hy in Jesus begin glo. Hy was baie opgewonde oor alles wat Paulus-hulle vir hom oor die Here gesê het. |