Acts 13:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nou, kyk, die hand van die Here is op jou, en jy sal blind wees en vir 'n tyd lank nie die son sien nie. En dadelik het 'n mis en 'n duisternis op Hom geval; en hy het rondgegaan en sommige gesoek om hom aan die hand te lei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nou is die strawwende hand van die Here op jou. Jy sal blind word en die son ’n tyd lank nie sien nie.” Onmiddellik het hy net mistigheid en donkerte gesien, en hy het rondgetas en gesoek na iemand om sy gids te wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nou, kyk, die hand van die Here is op jou, en jy sal blind wees en die son 'n tyd lank nie sien nie. En onmiddellik het daar donkerheid en duisternis op hom geval, en hy het rondgegaan en gesoek na mense wat hom by die hand kon lei. |
| Afrikaans 1983 | Die Here gaan jou nou straf. Jy sal blind word en die son 'n tyd lank nie sien nie.” Onmiddellik het alles vir hom vaag en donker geword, en hy het rondgetas na iemand om hom aan die hand te lei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar kyk, nou gaan die hand van die Here jou tref en jy sal 'n ruk lank blind wees en die son nie sien nie.” Onmiddellik het 'n mistigheid en duisternis hom oorval en hy het rondgestrompel en mense gesoek om hom aan die hand te lei. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sal nou teen jou wees en jy sal blind wees en jy sal 'n tyd lank nie die son kan sien nie.” Elimas het toe dadelik gedink dat dit donker geword het, soos onder 'n wolk, en hy het aangehou soek na mense wat sy hand kan neem om hom te lei. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy gaan jou van hierdie oomblik af blind laat word. Jy sal ’n ruk lank niks kan sien nie.” Dadelik het alles voor Elimas donker geword. Hy het hulpeloos rondgestrompel en gevra dat iemand hom moet weglei. |