Acts 13:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en gesê: O vol van alle listigheid en alle onheil, kind van die duiwel, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die regte weë van die Here te verdraai nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en gesê: “Duiwelskind! Jy loop oor van al wat skelmstreek en bedrogspul is! Vyand van alles wat reg is! Sal jy nooit ophou om die reguit paaie van die Here vol kronkels te maak nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie? |
| Afrikaans 1983 | en gesê: “Duiwelskind! Deurtrapte skelm en bedrieër! Vyand van alles wat reg is! Sal jy ophou om in die pad van die Here te staan! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | gesê: “O, kind van die Duiwel, vyand van alle •geregtigheid, en vol allerlei listighede en elke soort bedrog – sal jy nie ophou om die reguit paaie van die Here te verdraai nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Paulus het vir hom gesê: “Jy is 'n kind van die duiwel. Jy bedrieg mense en jy doen net verkeerde dinge. Jy is 'n vyand van alles wat reg is, jy moet ophou om die reguit paaie van die Here krom te maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy is ’n kind van die duiwel. Met al jou skewe leringe probeer jy keer dat God se woord op die regte manier bekendgemaak word. Maar nou het jy jou teen God self vasgeloop. |