Acts 13:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou was daar in die gemeente wat in Antiogië was sekere profete en leraars; soos Barnabas en Simeon wat Niger genoem word, en Lucius van Cirene en Manaen wat by Herodes die viervors grootgemaak is, en Saul.
Afrikaans (NLV) 2011 In die gemeente in Antiogië was daar profete en leraars: Barnabas, Simeon met die noemnaam Niger, Lucius van Sirene, Manaen, wat saam met koning Herodes Antipas grootgeword het, en Saulus.
Afrikaans 1933/1953 En daar was in die plaaslike gemeente in Antioch¡ë sekere profete en leraars, naamlik B rnabas en S¡meon wat Niger genoem word, en Lucius, die Ciren,ër, en Man en, wat saam met Herodes, die viervors, grootgeword het, en Saulus.
Afrikaans 1983 Onder die profete en leraars in die gemeente in Antiogië was Barnabas, Simeon wat ook Niger genoem is, Lucius van Sirene, Manaen wat saam met die heerser Herodes grootgeword het, en Saulus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die plaaslike •gemeente in Antiogië was daar profete en leermeesters, onder andere Barnabas, Simeon bekend as Niger, Lucius van Sirene, Manaen, 'n jeugvriend van Herodes die tetrarg, en Saulus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was profete en leermeesters in die gemeente in die stad Antiogië. Hulle was Barnabas en Simeon, Simeon se naam was ook Niger. Daar was ook Lucius van Sirene, Manaen wat grootgeword het saam met Herodes Antipas, wat oor 'n deel van Palestina regeer het, en ook Saulus.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die gemeente in Antiogië het ’n klompie knap leiers gehad wat oor die gawe beskik het om God se wil bekend te maak. Barnabas, Simeon (hy is ook “swart Simeon” genoem), Lusius uit Sirene, Manaen, ’n stiefbroer van Herodes en ook Saulus het die gelowiges geleer hoe om tot God se eer te leef.