Acts 12:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het uitgegaan en hom gevolg; en het nie geweet dat dit waar was wat deur die engel gedoen is nie; maar gedink hy sien 'n visioen.
Afrikaans (NLV) 2011 Petrus het hom uit die sel gevolg. Hy het nie besef dat die optrede van die engel werklikheid was nie, maar het gedink hy sien ’n gesig.
Afrikaans 1933/1953 En hy het uitgegaan en hom gevolg; en hy het nie geweet dat wat deur die engel plaasgevind het, werklikheid was nie, maar hy het gemeen dat hy 'n gesig sien.
Afrikaans 1983 Petrus het agter die engel aan uitgegaan sonder om te besef dat hy werklik bevry word. Vir hom het dit gelyk asof hy 'n gesig sien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En hy het uitgegaan en hom gevolg, sonder om te besef dat wat deur die bemiddeling van die engel gebeur het, die werklikheid is. Hy het nog steeds gedink hy sien 'n gesig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Petrus het uitgegaan en hy het saam met die engel gegaan. Petrus het nie besef dat dit alles regtig gebeur nie. Hy het gedink hy droom dat die engel dit doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Petrus het agter die engel begin aanstap. Hy het gedink dat hy weer besig was om ’n visioen te sien. Intussen het hulle by al die wagte verbygestap tot reg voor die groot ysterhek wat na die stad toe lei. Die hek het vanself oopgegaan.