Acts 12:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die engel sê vir hom: Omgord jou en bind jou skoene aan. En so het hy gedoen. En hy sê vir hom: Gooi jou kleed om jou en volg My.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê die engel vir hom: “Maak vas jou belt en trek jou sandale aan.” Hy het so gemaak. Daarna sê die engel vir hom: “Trek jou bo-kleed aan en kom agter my aan.”
Afrikaans 1933/1953 En die engel sê vir hom: Omgord jou en trek jou skoene aan! En hy het dit gedoen. Verder sê hy vir hom: Gooi jou bo-kleed om en volg my!
Afrikaans 1983 Toe sê die engel vir hom: “Maak jou gordel vas en trek jou skoene aan.” Petrus het dit gedoen, en toe sê die engel vir hom: “Trek jou bokleed aan en kom saam met my.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die engel sê toe vir hom: “Omgord jou en trek jou sandale aan!” Hy het so gemaak. Daarop sê die engel vir hom: “Gooi jou bokleed om en volg my!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die engel sê toe vir Petrus: “Maak jou belt vas en trek jou skoene aan!” Petrus het dit gedoen en die engel sê toe vir Petrus: “Trek jou bo-kleed aan en kom saam met my.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Staan dadelik op!” het die engel gesê. Die kettings om Petrus se hande het vanself losgegaan. “Sit jou belt aan,” het die engel hom beveel. “En kry ook ’n paar skoene aan jou voete.” Toe Petrus dit alles gedoen het, het die engel vir hom gesê om sy bokleed aan te trek en agter hom aan te kom.