Acts 12:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, die engel van die Here het op hom gekom, en 'n lig het in die gevangenis geskyn, en hy het Petrus op die sy geslaan en hom opgerig en gesê: Staan gou op! En sy kettings het van sy hande afgeval.
Afrikaans (NLV) 2011 Meteens staan daar ’n engel van die Here by Petrus, en ’n lig skyn in die sel. Die engel stoot toe aan Petrus se sy, en maak hom wakker en sê: “Staan gou op!” Die boeie het van sy polse afgeval.
Afrikaans 1933/1953 En meteens staan daar 'n engel van die Here by hom, en 'n lig skyn in die gevangenis. Toe slaan hy Petrus op die sy, maak hom wakker en sê: Staan gou op! En die boeie het van sy hande afgeval.
Afrikaans 1983 Meteens staan daar 'n engel van die Here en skyn daar 'n lig in die sel. Die engel vat toe aan Petrus se sy om hom wakker te maak en sê vir hom: “Staan gou op.” Onmiddellik het die boeie van sy hande afgeval.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Skielik het 'n engel van die Here daar gestaan, en 'n lig het in die sel geskyn. Toe gee hy Petrus 'n stamp teen die sy, maak hom wakker en sê: “Staan gou op!” En die kettings het van sy hande afgeval.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar skielik het 'n engel van die Here by Petrus gestaan en 'n lig het in die tronk geskyn. Die engel het aan Petrus se sy geraak en hy het vir Petrus wakker gemaak en vir hom gesê: “Staan gou op!” Die kettings het afgeval van Petrus se hande.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Skielik het ’n engel van die Here in die tronk verskyn. Hy het alles rondom hom helder verlig. Petrus het so vas geslaap dat hy dit nie eens agtergekom het nie. Die engel moes hom toe wakker skud.