Acts 12:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Herodes hom sou gebring het, het Petrus dieselfde nag tussen twee soldate geslaap, vasgebind met twee kettings; en die wagte voor die deur het die gevangenis bewaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Die nag voordat Herodes hom in die openbaar sou verhoor, het Petrus tussen twee soldate geslaap terwyl hy met twee kettings geboei was en ander wagte die tronkdeur bewaak.
Afrikaans 1933/1953 En toe Herodes hom wou voorbring, het Petrus in daardie nag tussen twee soldate geslaap, met twee kettings geboei, en wagte voor die deur het die gevangenis bewaak.
Afrikaans 1983 Die nag voordat Herodes hom voor die volk sou bring, het Petrus tussen twee soldate geslaap. Hy was met twee kettings geboei, en voor die deur het wagte die tronk bewaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die nag voordat Herodes hom wou voorbring, was •Petrus aan die slaap tussen twee soldate. Hy was met twee kettings geboei, en voor die deur het wagte die tronk bewaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Paasfees was verby, en Herodes wou die volgende dag vir Petrus bring om voor die volk te staan. In die nag voordat Herodes dit wou doen, het hulle vir Petrus met kettings vasgemaak aan twee soldate, en hy moes tussen die soldate slaap. Daar was ook wagte wat die deur van die tronk opgepas het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die nag voordat Petrus voor Herodes sou verskyn, het hy tussen twee wagte aan die slaap geraak. Hy was vasgemaak met twee swaar kettings. Voor die tronk se deur was daar ook ’n paar wagte wat diens gedoen het.