Acts 12:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dadelik het die engel van die Here hom geslaan, omdat hy aan God die eer nie gegee het nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Onmiddellik het ’n engel van die Here Herodes getref omdat hy die verering aanvaar en nie aan God gegee het nie. Hy is deur wurms opgevreet en het gesterf. |
| Afrikaans 1933/1953 | En onmiddellik het 'n engel van die Here hom getref, omdat hy die eer nie aan God gegee het nie; en hy is deur wurms verteer en het gesterwe. |
| Afrikaans 1983 | Op daardie selfde oomblik het 'n engel van die Here hom getref, omdat hy nie die eer aan God gegee het nie. Herodes is deur wurms verteer, en het gesterwe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En onmiddellik het 'n engel van die Here hom neergevel, omdat hy nie die eer aan God gegee het nie en, verteer deur wurms, het hy gesterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dadelik het 'n engel van die Here vir Herodes siek laat word omdat hy nie vir God geëer het nie. En wurms het begin om hom op te vreet, en hy het gesterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op daardie einste oomblik stuur die Here een van sy engele wat Herodes net daar voor almal inmekaar laat sak het. Dit het gebeur omdat hy God nie geëer het nie. Daarna het hy baie ernstig siek geword en gesterf. |