Acts 12:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En op 'n vasgestelde dag het Herodes, geklee in koninklike klere, op sy troon gaan sit en 'n rede tot hulle gespreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op die vasgestelde dag het Herodes sy ampsklere aangetrek, op sy verhoog gaan sit en hulle in die openbaar toegespreek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En op 'n bepaalde dag het Herodes 'n koninklike kleed aangetrek en op die troon gaan sit en hulle toegespreek. |
| Afrikaans 1983 | Op die vasgestelde dag het Herodes sy ampsklere aangetrek, op sy troon gaan sit en hulle toegespreek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op die vasgestelde dag het Herodes 'n koninklike kleed aangetrek, op die regbank plaasgeneem en hulle toegespreek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Op die spesiale dag het Herodes die mooi klere aangetrek wat 'n koning dra. Hy het gaan sit op die regterstoel en toe het hy met die vergadering van die volk gepraat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op die dag waarop hulle afgespreek het, het Herodes sy opwagting gemaak. Met al sy blink klere aan het hy op sy troon gaan sit en almal toegespreek. |