Acts 12:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Herodes was hoogs ontevrede met die van Tirus en Sidon, maar hulle het eendragtig na hom gekom, en nadat hulle Blastus, die hofdienaar van die koning, hulle vriend gemaak het, het hulle vrede begeer; omdat hulle land deur die koning se land gevoed is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Herodes was destyds baie kwaad vir die mense van Tirus en Sidon. Daarom het hulle ’n gesamentlike afvaardiging na hom toe gestuur met ’n vredesvoorstel omdat hulle stede vir kos van Herodes se land afhanklik was. Hulle het Blastus, die koning se kamerbediende, oorgehaal om vir hulle ’n oudiënsie by Herodes te kry. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Herodes was verbitterd teen die Tiriërs en Sidoniërs. En hulle het eenparig na hom gekom, en nadat hulle Blastus, die koning se hofdienaar, omgepraat het, vrede gevra, omdat hulle land onderhoud uit die koning s'n ontvang het. |
| Afrikaans 1983 | Die mense van Tirus en Sidon het hulle die woede van Herodes op die hals gehaal. Daarom het hulle saam 'n afvaardiging na hom toe gestuur. Nadat hulle vir Blastus, die koning se kamerheer, op hulle hand gekry het, het hulle vrede gevra, omdat hulle land van die koning s'n afhanklik was vir lewensmiddele. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Herodes was woedend vir die mense van Tirus en Sidon. Hulle het egter almal saam na hom gekom, en nadat hulle Blastus, wat toesig gehad het oor die koninklike slaapkamers, oorgehaal het, het hulle om vrede gevra, omdat die gebied waar hulle voedsel vandaan gekom het, afhanklik van die koning s'n was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Herodes was baie kwaad vir die mense van die stede Tirus en Sidon. Die mense van Tirus en Sidon het kos gekry van koning Herodes se land, en daarom het hierdie mense toe almal saam na koning Herodes toe gekom. Hulle het eers mooi gepraat met Blastus, 'n amptenaar wat moes sê wie met die koning mag praat. Blastus het geluister na wat hulle sê. Toe het hulle vir Herodes gevra om vrede te maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Herodes het intussen heelwat probleme met die mense van Tirus en Sidon gehad. Afgevaardigdes uit hierdie gebiede het toe bevriend geraak met die hoof van Herodes se huishouding. Sy naam was Blastus. Deur sy toedoen het hulle ’n geleentheid gekry om met Herodes te kom praat en die vrede te probeer herstel. Hulle voortbestaan het van hierdie ontmoeting afgehang. |