Acts 12:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Herodes hom gesoek het en hom nie gekry het nie, het hy die wagte ondersoek en bevel gegee dat hulle gedood moes word. En hy het van Judéa afgegaan na Cesaréa en daar gebly. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Herodes Agrippa het hom laat soek. Toe hulle hom nie kon kry nie, het hy die wagte verhoor en bevel gegee dat hulle tereggestel word. Hierna het Herodes van Judea na Sesarea toe gegaan en ’n tyd daar gebly. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het Herodes hom gesoek en nie gekry nie, en die wagte onder verhoor geneem en bevel gegee dat hulle tereggestel moes word. En hy het van Judiaweggegaan na Cesar,a en daar gebly. |
| Afrikaans 1983 | Herodes het hom laat soek, en omdat hulle hom nie kon kry nie, het hy die wagte verhoor en bevel gegee dat hulle doodgemaak moet word. Hierna het Herodes van Judea af na Sesarea toe gegaan en 'n tyd daar gebly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Herodes het hom laat soek, maar nie gekry nie, en nadat hy die wagte verhoor het, het hy opdrag gegee dat hulle tereggestel word. Hierna het hy van Judea na Caesarea gereis en daar gebly. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Herodes het gesê hulle moet vir Petrus gaan soek, maar hulle het hom nie gekry nie. Herodes het toe die wagte baie uitgevra en toe het hy gesê dat mense die wagte moet wegvat en doodmaak. Later het Herodes van die provinsie Judea na die stad Sesarea gegaan en hy het daar 'n tyd lank gebly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Herodes het dadelik ’n groot soektog na Petrus op tou gesit. Hulle kon hom nêrens opspoor nie. Herodes was so kwaad daaroor dat hy die wagte wat Petrus moes oppas, laat teregstel het. Daarna het hy besluit om ’n ruk lank in sy paleis in Sesarea te gaan bly. |