Acts 12:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe dit dag geword het, was daar geen geringe beroering onder die soldate, wat van Petrus geword het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe dit dag word, was daar groot ontsteltenis onder die soldate oor wat van Petrus geword het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe dit dag geword het, was daar onder die soldate geen kleine opskudding oor wat van Petrus geword het nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe dit dag word, was die soldate nie min ontsteld oor wat van Petrus geword het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Teen dagbreek was daar onder die soldate geen geringe opskudding oor wat dan van Petrus geword het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die volgende dag was die soldate baie geskok en ontsteld oor wat met Petrus gebeur het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volgende dag was daar chaos onder die soldate wat Petrus opgepas het. Hulle kon nie verklaar hoe hy so spoorloos kon verdwyn nie. |