Acts 12:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Petrus het aanhou klop, en toe hulle die deur oopmaak en Hom sien, was hulle verbaas.
Afrikaans (NLV) 2011 Intussen het Petrus weer geklop. Toe hulle oopmaak en hom sien, was hulle baie verbaas.
Afrikaans 1933/1953 En Petrus het aangehou met klop; en toe hulle oopmaak, sien hulle hom en was verbaas.
Afrikaans 1983 Intussen het Petrus aangehou klop. Toe hulle die deur oopmaak en hom sien, was hulle baie verbaas.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Petrus het egter aanhou klop, en toe hulle oopmaak, het hulle hom gesien, en hulle was verbaas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Petrus het aangehou om aan die deur te klop. Nadat hulle die deur oopgemaak het, het hulle gesien dit is Petrus en hulle was baie verbaas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl almal stry oor wie by die voordeur kon wees, het Petrus aangehou klop. Uiteindelik het hulle die deur kom oopmaak. Hulle kon hulle oë nie glo nie.