Acts 12:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe sy Petrus se stem herken, het sy die poort nie van blydskap oopgemaak nie, maar ingehardloop en vertel hoe Petrus voor die poort staan.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sy Petrus se stem herken, het sy van blydskap nie die deur oopgemaak nie, maar binnetoe gehardloop en uitgeroep dat Petrus by die buitedeur staan!
Afrikaans 1933/1953 En sy het die stem van Petrus herken en van blydskap die poort nie oopgemaak nie, maar na binne gehardloop en vertel dat Petrus voor die poort staan.
Afrikaans 1983 Toe sy Petrus se stem herken, was sy so bly dat sy nie die deur oopgemaak het nie, maar binnetoe gehardloop het om te vertel dat Petrus by die deur staan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy het Petrus se stem herken, en uit pure vreugde nie die deur oopgemaak nie, maar binnetoe gehardloop en vertel dat Petrus voor die poort staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sy hoor dat dit Petrus is wat praat, was sy so bly dat sy nie die deur oopgemaak het nie. Sy het in die huis ingehardloop en vir die mense vertel dat Petrus voor die deur staan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy het na binne gehardloop en opgewonde vir almal gesê: “Petrus staan by die deur!”