Acts 12:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Petrus tot homself kom, sê hy: Nou weet ek vir seker dat die Here sy engel gestuur het en my verlos het uit die hand van Herodes en uit al die verwagting van die mense van die Jode.
Afrikaans (NLV) 2011 Uiteindelik dring dit tot Petrus deur wat met hom gebeur het en hy sê vir homself: “Nou besef ek eers regtig dat die Here sy engel gestuur het en my uit die mag van Herodes gered het en van die kwaad wat die Jode gehoop het om my aan te doen!”
Afrikaans 1933/1953 Toe kom Petrus tot homself en sê: Nou weet ek waarlik dat die Here sy engel gestuur en my gered het uit die hand van Herodes en uit al die verwagtinge van die Joodse volk.
Afrikaans 1983 Toe dring dit tot Petrus deur wat met hom gebeur het en hy dink: nou besef ek eers regtig dat die Here sy engel gestuur het om my uit die hande van Herodes te red en van alles wat die Joodse volk van plan was om te doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe kom Petrus tot homself en sê: “Nou besef ek waarlik die Here het sy engel gestuur, en Hy het my gered uit die hand van Herodes en ook van alles wat die Joodse volk verwag het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het Petrus verstaan wat regtig gebeur het en hy het gesê: “Nou weet ek waarlik dat die Here sy engel gestuur het en dat die engel my gered het van Herodes. Hy het my ook gered van alles wat die hele Joodse volk gedink het sal gebeur.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die Here het regtig ’n engel gestuur om my uit Herodes se hande te kom red. Hy het gesorg dat ek nie voor die Jode verhoor hoef te word nie.”