Acts 12:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe hulle verby die eerste en die tweede afdeling was, het hulle by die ysterpoort gekom wat na die stad lei; en hulle het uitgegaan en deur een straat gegaan; en dadelik het die engel van hom gewyk.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle is by die eerste wag verby en ook by die tweede, en toe hulle by die ysterhek kom wat na die stad toe lei, het dit vanself vir hulle oopgegaan. Hulle het buitentoe gegaan en ’n ent met die straat af gestap. Toe het die engel Petrus skielik verlaat.
Afrikaans 1933/1953 En toe hulle by die eerste en die tweede wag verbygegaan het, kom hulle by die ysterpoort wat na die stad lei, en dit het vanself vir hulle oopgegaan. En hulle het buitekant gekom en een straat ver gegaan, en dadelik het die engel hom verlaat.
Afrikaans 1983 Hulle is by die eerste wag verby en ook by die tweede, en toe hulle by die ysterdeur kom wat na die stad toe lei, het dit vanself vir hulle oopgegaan. Toe hulle buite kom en 'n ent met die straat af was, het die engel vir Petrus skielik verlaat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar toe hulle by die eerste en die tweede wag verby was, het hulle gekom by die ysterpoort wat na die stad lei, en dit het vanself vir hulle oopgegaan. Toe hulle buitekant kom en een straat verder gestap het, het die engel hom meteens verlaat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het verby die eerste en die tweede plek gegaan waar die wagte gestaan het, en toe kom hulle by die ysterhek waardeur 'n mens na die stad gaan. Die hek het self oopgegaan vir hulle. Hulle het uitgegaan en hulle het in 'n smal straatjie geloop, en toe het die engel skielik weggegaan van Petrus.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die engel en Petrus het saam buitetoe gestap. ’n Straatblok van die tronk af het die engel skielik verdwyn. Petrus het toe eers besef dat hy nie besig was om te droom nie. Opgewonde het hy vir homself gesê: