Acts 11:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar het een van hulle met die naam van Agabus opgestaan en deur die Gees te kenne gegee dat daar 'n groot armoede oor die hele wêreld sou wees, wat gebeur het in die dae van Claudius Caesar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Een van hulle, met die naam Agabus, het tydens ’n byeenkoms opgestaan en is deur die Gees gelei om te voorspel dat ’n groot hongersnood die hele Romeinse wêreld gaan tref. (Dit het dan ook in die tyd van keiser Claudius gebeur.) |
| Afrikaans 1933/1953 | En een van hulle met die naam van Agabus het opgestaan en deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar 'n groot hongersnood oor die hele wêreld sou kom, wat ook gekom het onder keiser Claudius. |
| Afrikaans 1983 | Een van hulle, met die naam Agabus, is deur die Gees gelei om te voorspel dat 'n groot hongersnood die hele wêreld sou tref. Dit het dan ook in die tyd van keiser Claudius gebeur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En een van hulle, met die naam Agabus, het na vore gekom en deur die Heilige Gees voorspel dat 'n swaar hongersnood oor die hele wêreld sou kom. Dit het in die tyd van Claudius gebeur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Een van hulle, sy naam was Agabus, het opgestaan toe die Heilige Gees vir hom gesê het hy moet 'n boodskap bring. Hy het gesê dat daar 'n groot hongersnood oor die hele wêreld sal kom. In die tyd toe Claudius die keiser was, was daar so 'n hongersnood. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Een van hulle, ’n man met die naam Agabus, is deur die Heilige Gees gelei om vir hulle te sê dat ’n groot hongersnood binnekort die hele wêreld sou tref. Dit het dan ook gebeur in die tyd toe Claudius die keiser van die Romeinse Ryk was. |