Acts 11:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hy was 'n goeie man en vol van die Heilige Gees en van geloof, en baie mense is bygevoeg tot die Here. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Barnabas was ’n goeie man, vol van die Heilige Gees en van geloof. ’n Aansienlike groep mense is na die Here toe gebring. |
| Afrikaans 1933/1953 | want hy was 'n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en 'n aansienlike skare is aan die Here toegebring. |
| Afrikaans 1983 | Barnabas was 'n goeie man, vol van die Heilige Gees en met 'n vaste geloof. 'n Aansienlike groep mense is tot geloof in die Here gebring, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy was 'n goeie man, vol van die Heilige Gees en geloof. En 'n aansienlike skare is vir die Here bygevoeg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Barnabas was 'n goeie man, die Heilige Gees was in hom en hy het sterk in die Here Jesus geglo. Baie mense in die stad het in die Here Jesus begin glo. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Barnabas was ’n goeie man met ’n sterk geloof in God. Almal kon sien dat die Heilige Gees se groot krag deur hom gewerk het. Hy het besluit om in Antiogië te bly en die gelowiges te help om die goeie nuus daar uit te dra. Baie mense het as gevolg van sy werk begin glo. |