Acts 11:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sommige van hulle was manne van Ciprus en Cirene, wat, toe hulle in Antiogië gekom het, met die Grieke gespreek en die Here Jesus verkondig het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar was egter sekere Sipriese en Sireniese mans wat in Antiogië gekom en ook aan die Griekssprekendes die Goeie Nuus verkondig het dat Jesus die Here is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar was sommige van hulle, Cipriese en Ciren,se manne, wat in Antioch¡ë gekom het en met die Griekssprekende Jode gepraat en die evangelie van die Here Jesus verkondig het. |
| Afrikaans 1983 | Onder die vlugtelinge was daar sekere mense wat van Siprus en Sirene afkomstig was en wat in Antiogië gekom en daar ook aan die Griekssprekendes die evangelie dat Jesus die Here is, verkondig het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar toe party van hulle, mans uit Ciprus en Sirene, in Antiogië kom, het hulle ook met die Helleniste gepraat en die evangelie van die Here Jesus aan hulle verkondig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party van hierdie gelowiges het van die eiland Siprus en van die stad Sirene na die stad Antiogië gekom. Hulle het ook gesels met die Jode wat Grieks gepraat het, en hulle het die goeie boodskap van die Here Jesus vir daardie Jode gebring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sekere gelowiges wat uit Siprus en Sirene gekom het, het egter daar in die stad Antiogië begin om met mense wat nie Jode was nie oor die Here Jesus te praat. |