Acts 11:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die wat verstrooi was deur die vervolging wat oor Stefanus ontstaan het, het tot by Fenicië en Ciprus en Antiogië getrek en die woord aan niemand verkondig nie, behalwe aan die Jode alleen.
Afrikaans (NLV) 2011 Dié wat uit Jerusalem gevlug het oor die vervolging ná Stefanus se dood, het na Fenisië, Siprus en Antiogië toe gegaan. Hulle het die evangelie verkondig, maar net aan Jode.
Afrikaans 1933/1953 Die wat dan verstrooi was deur die verdrukking wat oor St,fanus ontstaan het, het die land deurgegaan tot by Fen¡cië en Ciprus en Antioch¡ë sonder om tot iemand die woord te spreek, behalwe tot die Jode alleen.
Afrikaans 1983 Deur die vervolging wat na Stefanus se dood ontstaan het, is die gelowiges uitmekaar gejaag. Party van hulle het na Fenisië, Siprus en Antiogië toe gegaan, maar hulle het die woord aan niemand anders as net aan Jode verkondig nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die gelowiges dan, wat uitmekaar gedryf is as gevolg van die verdrukking wat oor Stefanus ontstaan het, het so ver as Fenisië, Ciprus en Antiogië getrek, en die woord aan niemand anders nie as net aan die Jode verkondig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nadat Stefanus gesterf het, het die Jode vir die gelowiges baie swaar laat kry en hulle het die gelowiges uit die land gejaag. Die gelowiges het deur die land gegaan, party het tot by die land Fenisië gegaan en ander het na die eiland Siprus en die stad Antiogië gegaan, en hulle het die boodskap van Christus net vir Jode gebring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As gevolg van die vervolging van die kerk in Jerusalem net na Stefanus se dood het party gelowiges na plekke soos Fenisië, Siprus en Antiogië gevlug. Hulle het die Woord van die Here daar met ander Jode gaan deel.