Acts 11:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het ons laat sien hoe hy 'n engel in sy huis gesien het wat staan en vir hom sê: Stuur manne na Joppe en roep Simon, wie se van Petrus is; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het vir ons vertel hoe hy die engel in sy huis sien staan het wat vir hom sê: ‘Stuur mense Joppe toe en laat vir Simon met die noemnaam Petrus daar haal. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het ons vertel hoe hy die engel in sy huis sien staan het en vir hom sê: Stuur manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word; |
| Afrikaans 1983 | Hy het vir ons vertel hoe hy die engel in sy huis sien staan het, wat vir hom gesê het: ‘Stuur iemand na Joppe toe en laat vir Simon daar haal wat ook Petrus genoem word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop het hy ons vertel hoe hy die engel in sy huis sien staan het wat vir hom sê, ‘Stuur manne na Joppe en laat haal Simon, ook bekend as Petrus. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Kornelius het vir ons vertel dat hy gesien het 'n engel staan in sy huis, en die engel het vir hom gesê: ‘Jy moet iemand na Joppe stuur en vir Simon vra om saam te kom hiernatoe. Die mense noem vir Simon ook Petrus. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar het hy ons vertel hoe ’n engel aan hom verskyn het. Die engel het vir hom gesê: ‘Stuur mense Joppe toe en laat haal vir Petrus. |