Acts 11:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Gees het my beveel om saam met hulle te gaan sonder om te twyfel. En hierdie ses broers het my vergesel, en ons het in die man se huis ingegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Gees het vir my gesê dat ek saam met hulle moet gaan, en dat ek nie moet aarsel omdat hulle nie-Jode is nie. Ek het toe saam met hierdie ses medegelowiges gegaan, en ons het die man wat my laat haal het, se huis binnegegaan.
Afrikaans 1933/1953 En die Gees het vir my gesê dat ek saam met hulle moes gaan sonder om te twyfel. En saam met my het ook hierdie ses broeders gegaan, en ons het in die huis van die man ingegaan.
Afrikaans 1983 Die Gees het vir my gesê dat ek nie moet aarsel om saam met hulle te gaan nie. Ek en hierdie ses broers is toe saam met hulle, en ons het in Kornelius se huis ingegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En die Gees het vir my gesê dat ek sonder aarseling saam met hulle moes gaan. Hierdie ses broers het toe saam met my gegaan en ons het die man se huis binnegegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En die Heilige Gees het vir my gesê om saam met hulle te gaan en nie te stry nie. Hierdie ses gelowiges van die stad Joppe het ook saam met my gegaan, en ons het in die huis van Kornelius ingegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Heilige Gees het toe vir my gesê dat ek saam met hulle moes gaan. Ek en hierdie ses broers by my is toe na Kornelius se huis in Sesarea.