Acts 10:44 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Terwyl Petrus nog hierdie woorde gespreek het, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl Petrus nog hierdie dinge sê, het die Heilige Gees op almal gekom wat sy boodskap gehoor het.
Afrikaans 1933/1953 En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.
Afrikaans 1983 Terwyl Petrus nog praat, het die Heilige Gees op almal gekom wat na die woord geluister het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Petrus was nog aan die woord, toe die Heilige Gees op almal wat na die toespraak luister, neerdaal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Terwyl Petrus nog besig was om hierdie dinge te sê, het die Heilige Gees gekom in al die mense wat geluister het na Petrus se boodskap.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Petrus was nog besig om te praat, toe kom die Heilige Gees oor almal wat na hom gesit en luister het.