Acts 10:42 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het ons beveel om vir die volk te preek en te getuig dat dit Hy is wat deur God aangestel is om die Regter van lewende en dode te wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het ons toe opdrag gegee om aan almal te verkondig en te getuig dat dit Hy is wat deur God beskik is om Regter oor almal te wees — dié wat nog lewe en dié wat reeds gesterf het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig dat dit Hy is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode. |
| Afrikaans 1983 | Hy het ons opdrag gegee om aan die volk te verkondig en te bevestig dat dit Hy is wat deur God aangestel is as Regter oor lewendes en dooies. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En Hy het ons beveel om aan die volk te verkondig en kragtig te getuig dat dit Hy is wat deur God aangewys is as Regter oor die lewendes en die dooies. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het ook gesê dat ons vir die volk moet vertel en moet getuig dat God vir Jesus gekies en aangestel het om die Regter te wees. Die Regter moet oordeel oor die mense wat lewe en oor die mense wat klaar gesterf het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Jesus het ons beveel om hierdie nuus oral te gaan oorvertel. Ons moet vir almal gaan sê dat Hy deur God self aangestel is as Regter oor almal op die aarde, oor almal wat lewe en wat reeds dood is. |