Acts 10:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy na hom kyk, was hy bang en sê: Wat is dit, Here? En hy sê vir hom: Jou gebede en jou aalmoese het opgekom om voor God te gedenk.
Afrikaans (NLV) 2011 Kornelius het hom aangestaar en bang geword en gevra: “Wat is dit, Meneer?” Die engel het hom geantwoord: “Jou gebede en wat jy vir die armes doen, het God opgeval!
Afrikaans 1933/1953 En hy het die oë op hom gehou en vol vrees gesê: Wat is dit, my heer? Toe antwoord hy hom: Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom.
Afrikaans 1983 Kornelius het hom verskrik aangekyk en gevra: “Wat is dit, Meneer?” Die engel sê toe vir hom: “God het gelet op jou gebede en op wat jy vir die armes doen, en Hy het aan jou gedink.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het stip na hom gestaar en beangs gevra: “Wat is dit, Meneer?” Toe antwoord hy hom: “Jou gebede en jou liefdadigheid het tot 'n gedenkoffer voor God opgestyg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Kornelius was bang. Hy het na die engel gekyk en gesê: “Wat is dit, Meneer?” Die engel sê toe vir hom: “God het gehoor toe jy elke dag tot Hom gebid het en Hy het die goeie dinge gesien wat jy doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Kornelius!” Kornelius het groot geskrik. Hy het die engel aangestaar en gesê: “Wat is dit, Meneer?” “God het jou gebede gehoor,” het die engel geantwoord. “Al die goeie dinge wat jy vir die armes doen, het Hy ook raakgesien.