Acts 10:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die woord wat God aan die kinders van Israel gestuur het deur vrede te verkondig deur Jesus Christus: Hy is die Here van almal.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle weet tog dat God aan die volk Israel die Goeie Nuus gestuur het dat daar vrede met Hom is deur Jesus Christus, wat Here oor almal is.
Afrikaans 1933/1953 Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus -- Hy is die Here van almal.
Afrikaans 1983 Julle weet dat God aan Israel sy woord gestuur het, naamlik die evangelie van vrede wat Jesus Christus gebring het. Hierdie Jesus is Here van almal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dít is die boodskap wat Hy vir die kinders van Israel gestuur het toe Hy die evangelie van vrede wat deur Jesus Christus gekom het, verkondig het: Hy is die Here van alle mense.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle ken die boodskap wat God vir die Israeliete gestuur het. Jesus Christus het daardie goeie boodskap van vrede vir hulle gebring. En Hý, Jesus, is die Here van almal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek het goeie nuus vir julle: God het onlangs ’n baie belangrike boodskap na Israel toe gestuur. Dit is ook vir julle bedoel. Die inhoud van hierdie goeie nuus is dat God met ons almal vrede kom maak het. Jesus Christus het hierdie boodskap persoonlik na ons toe gebring. Hy is die Here oor almal. “Dalk het julle ook gehoor wat ’n ruk gelede daar in Judea met Hom gebeur het.