Acts 10:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Stuur dan na Joppe en roep Simon, wie se van Petrus is, hierheen; hy is vernag in die huis van Simon, 'n leerlooier, langs die see; hy sal met jou spreek as hy kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Stuur mense Joppe toe en laat vir Simon met die noemnaam Petrus daar haal. Hy is ’n gas in die huis van Simon, ’n leerlooier wat naby die see woon.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Stuur dan na Joppe en laat Simon haal wat ook Petrus genoem word. Hy vertoef in die huis van Simon, 'n leerlooier, by die see; as hy kom, sal hy met jou spreek. |
| Afrikaans 1983 | Stuur iemand na Joppe toe en laat vir Simon, wat ook Petrus genoem word, daar haal. Hy is tuis by 'n ander Simon, 'n leerlooier, wat by die see woon.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Stuur dan iemand na Joppe en laat haal Simon, ook bekend as Petrus. Hy is 'n gas van Simon, die leerlooier, by 'n huis langs die see. ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet nou mense na die stad Joppe stuur om vir Simon te gaan haal. Die mense noem vir Simon ook Petrus. Hierdie Simon Petrus woon daar by 'n ander Simon, 'n leerlooier, sy huis is by die see.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moet nou dadelik mense Joppe toe stuur om vir Petrus te gaan haal. Hy bly daar in die huis van Simon die leerlooier by die see.’ |