Acts 10:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Kornelius sê: Vier dae gelede het ek gevas tot hierdie uur toe; en op die negende uur het ek in my huis gebid, en kyk, daar staan 'n man voor my in blink klere,
Afrikaans (NLV) 2011 Kornelius antwoord: “Vier dae gelede was ek in my huis besig om te bid, so teen drie-uur die middag. Skielik staan daar toe ’n man met blink klere voor my.
Afrikaans 1933/1953 En Cornelius sê: Vier dae gelede was ek besig om te vas tot op hierdie uur, en die negende uur het ek in my huis gebid,
Afrikaans 1983 Kornelius antwoord: “Vier dae gelede so teen drie-uur die middag was ek in my huis besig om te bid. Toe staan daar skielik 'n man met blink klere voor my,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Cornelius antwoord toe: “Vier dae gelede was ek teen hierdie tyd, op die negende uur, besig om in my huis te bid. Opeens staan daar toe 'n man in 'n stralende gewaad voor my
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Kornelius sê toe vir hom: “Drie dae gelede, op presies hierdie selfde tyd, drie-uur in die middag, was ek besig om te bid in my huis. Skielik het daar 'n man met blink klere voor my gestaan
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kornelius het dadelik geantwoord: “Vier dae gelede, so omtrent dié tyd van die middag, was ek besig om hier in my huis te bid. Skielik kom staan daar ’n man met helder, blink klere by my.