Acts 10:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir hulle: Julle weet dat dit onwettig is vir 'n man wat 'n Jood is om geselskap te wees of na een van 'n ander nasie te kom; maar God het my laat blyk dat ek geen mens onrein of onrein mag noem nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Petrus sê toe vir hulle: “Julle weet dat ’n Jood nie met iemand van ’n ander volk kontak mag hê of by hom in die huis mag kom nie, maar God het vir my gewys dat ek geen mens as onrein mag beskou nie.
Afrikaans 1933/1953 en hy sê vir hulle: Julle weet dat dit ongeoorloof is vir 'n Joodse man om met iemand van 'n ander volk omgang te hê of hom te besoek; maar God het my getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag noem nie.
Afrikaans 1983 en hy sê vir hulle: “Julle weet dat 'n Jood nie met iemand van 'n ander volk mag omgaan of by hom in die huis mag kom nie, maar God het vir my gewys dat ek geen mens as onheilig of onrein mag beskou nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het vir hulle gesê: “Julle weet dat dit vir 'n Joodse man verbode is om met iemand van 'n ander volk te assosieer of hom te besoek. God het egter aan my getoon dat ek geen mens as besoedel of onrein mag beskou nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en hy sê vir hulle: “Julle weet dat 'n Jood nie by iemand mag wees wat nie 'n Jood is nie, 'n Jood mag ook nie vriende wees met iemand wat nie 'n Jood is nie. Maar God het vir my gewys dat ek nie mag sê dat iemand nie aan God gewy is óf dat hy onrein is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Petrus sê toe vir hulle: “Dit wat ek nou doen, mag ons Jode eintlik nie doen nie. Soos julle weet, durf ons nie in mense uit ander volke se huise ingaan of met hulle meng nie. Maar gelukkig het God my oë oopgemaak. Hy het vir my gewys dat ek glad nie op mense uit ander volke mag neersien nie.