Acts 10:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Petrus inkom, kom Cornelius hom tegemoet en val voor sy voete neer en aanbid hom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Petrus die huis inkom, het Kornelius voor sy voete neergeval en hom begin aanbid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Petrus dan binnekom, het Cornelius hom tegemoetgegaan en aan sy voete neergeval en hom hulde bewys. |
| Afrikaans 1983 | Toe Petrus daar kom, het Kornelius hom tegemoet gegaan en eerbiedig voor hom gekniel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Petrus binnekom, het Cornelius hom tegemoetgegaan, voor sy voete neergeval en hom begin aanbid. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Petrus by die huis kom, het Kornelius hom gegroet en Kornelius het voor Petrus se voete gekniel soos 'n mens voor 'n koning kniel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Petrus by Kornelius se huis opdaag, het hy nader gestap om hom te verwelkom. Hy het op sy knieë voor Petrus neergeval om hom te aanbid. |