Acts 10:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het hulle toe ingeroep en hulle vernag. En die volgende dag het Petrus saam met hulle weggegaan, en sekere broers van Joppe het hom vergesel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Petrus nooi hulle toe vir die nag in. Die volgende dag het hy saam met hulle vertrek, en ’n paar van die medegelowiges in Joppe het saam met hom gegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het hulle binnegenooi en geherberg. En die volgende dag het Petrus saam met hulle afgereis, en enkele van die broeders uit Joppe het met hom saamgegaan. |
| Afrikaans 1983 | Petrus nooi hulle toe in en gee vir hulle huisvesting. Die volgende dag het hy en 'n paar van die gelowiges in Joppe saam met hulle gegaan |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het Petrus hulle binnegenooi en as gaste verwelkom. En nadat hy die volgende dag gereedgemaak het, het hy saam met hulle vertrek, en sommige van die broers uit Joppe het hom vergesel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Petrus het toe die mans genooi om in die huis te kom en hy het gesê hulle mag die nag daar slaap. Die volgende dag het Petrus opgestaan en hy het saam met hulle gegaan. Party van die gelowiges van die hawestad Joppe het saam met hom gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Petrus het die mans ingenooi en hulle vir die nag slaapplek gegee. Die volgende dag het Petrus saam met die mans vertrek. ’n Paar gelowiges uit Joppe het ook saamgegaan. |