Acts 10:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Vroom man en een wat God vrees met sy hele huis, wat baie aalmoese aan die volk gegee het en altyd tot God gebid het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het toegewy aan die God van Israel geleef en het ontsag vir Hom gehad, hy en sy hele huishouding. Hy het baie bydraes vir die armes onder die Joodse volk gegee en hy het deurentyd tot God gebid.
Afrikaans 1933/1953 Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God.
Afrikaans 1983 Hy was godsdienstig en godvresend, hy en sy hele huisgesin. Hy het baie gedoen om die armes onder die Joodse volk te help en het gereeld tot God gebid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy, en ook sy hele huis, was godsdienstig en godvresend, het baie liefdadigheid aan die volk bewys en gereeld tot God gebid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy en almal in sy huis het God gedien en gerespekteer. Hy het baie goeie dinge gedoen om die arm mense in die Joodse volk te help, en hy het elke dag tot God gebid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy was ’n goeie mens. Kornelius en almal in sy huis het groot respek vir God gehad. Sy hand was altyd oop vir ander mense wat swaargekry het. Hy het ook baie tyd aan gebed afgestaan.