Acts 10:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Petrus sê: Nie so nie, Here; want ek het nog nooit iets geëet wat onrein of onrein is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Nooit nie, Here!” het Petrus gesê. “Ek het nog nooit iets wat onrein is, geëet nie.”
Afrikaans 1933/1953 En Petrus sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie.
Afrikaans 1983 Maar Petrus sê: “Nooit nie, Here! Ek het nog nooit iets geëet wat onheilig of onrein is nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Petrus het geantwoord: “Onder geen omstandighede nie, Here! Want ek het nog nooit iets wat besoedel of •onrein is geëet nie. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Petrus het gesê: “Nee, Here, ek kan dit nie doen nie, want ek het nog nooit iets geëet wat nie aan U gewy is nie, of iets wat onrein is nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Oor my dooie liggaam. Ek sal nooit so iets doen nie, Here!” het hy geantwoord. “Ek het nog nooit in my lewe iets geëet wat in Moses se wet as onrein beskou word nie.”