3 John 1:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het geen groter vreugde as om te hoor dat my kinders in die waarheid wandel nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek ervaar geen groter blydskap as juis wanneer ek hoor dat my kinders in ’n hegte verbondenheid aan die waarheid lewe nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid wandel. |
| Afrikaans 1983 | Niks verskaf my groter vreugde nie as om te hoor dat my kinders in die waarheid lewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Groter blydskap as dit het ek nie, dat ek hoor dat my kinders die pad van waarheid loop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit maak my baie baie bly wanneer ek hoor dat ons gelowiges doen wat God vir ons sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is sowaar niks wat my blyer maak as die nuus dat my geestelike kinders in alles wat hulle doen openlik vir die waarheid uitkom nie. |