2 Timothy 4:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar wees waaksaam in alles, verduur verdrukkinge, doen die werk van 'n evangelis, lewer volle bewys van jou bediening. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar jy moet in elke situasie jou teenwoordigheid van gees behou. Moenie bang wees om vir die Here te ly nie. Vervul jou taak as evangelis. Voltooi die bediening wat God jou gegee het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van 'n evangelis; vervul jou bediening. |
| Afrikaans 1983 | Maar bly jy in alle omstandighede nugter, verdra lyding, doen jou werk as verkondiger van die evangelie, voer al die pligte van jou bediening uit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar bly jy in alles nugter, verduur jou lyding, doen jou werk as verkondiger van die evangelie, beoefen jou bediening voluit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar jy, Timoteus, jy moet altyd goed dink wat jy doen, jy moet aanhou, ook wanneer dit sleg gaan met jou. Dit is jou werk om die goeie boodskap vir mense te bring, en jy moet dit doen, jy moet al die werk klaarmaak wat die Here vir jou gegee het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar jy moet nie dieselfde fout maak nie. Bly wakker en hou altyd kop. As dit jou in die moeilikheid bring, moenie bang word nie, maar hou aan om die mense van God te vertel, want dit is jou werk. Doen alles goed wat jou werk van jou vra. |