2 Timothy 4:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Here sal my verlos van elke bose werk en my bewaar tot in sy hemelse koninkryk; aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid. Amen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ja, en die Here sal my verlos van enige kwaad en my veilig in sy hemelse koninkryk bring. Aan God kom die heerlikheid toe, vir ewig en ewig. Amen. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen. |
| Afrikaans 1983 | Die Here sal my red van elke onheil en my behoue in sy hemelse koninkryk bring. Aan Hom kom die eer toe tot in alle ewigheid! Amen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here sal my van elke bose daad red, en Hy sal my verlos, met die oog op sy hemelse koninkryk. Aan Hom die heerlikheid vir ewig en ewig! •Amen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En die Here sal my ook altyd red wanneer mense my wil laat swaarkry. Hy sal my veilig na die hemel bring waar Hy Koning is. Daarom moet ons die Here prys, altyd en altyd. Amen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sal my beskerm teen elkeen wat my aanval en wil seermaak. Ek sal uiteindelik saam met Hom in die hemel wees waar Hy regeer. Hy moet vir ewig grootgemaak word. So sal dit wees. |