2 Timothy 4:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die Here het by my gestaan en my versterk; sodat deur my die prediking ten volle geken kan word en al die heidene sou hoor; en ek is verlos uit die bek van die leeu. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee om die Goeie Nuus in al sy volheid te verkondig sodat al die nie-Joodse nasies dit kan hoor. En Hy het my van ’n gewisse dood gered. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking heeltemal volbring kan word en al die heidene dit kan hoor; en ek is uit die bek van die leeu verlos. |
| Afrikaans 1983 | Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking tot sy volle reg kon kom en al die heidennasies dit kon hoor. En ek is uit die bek van die leeu gered. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het my egter ondersteun en my versterk, sodat ek die verkondiging kon voltooi, en al die heidene dit kon hoor; en ek is uit die bek van die leeu gered. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die Here het my gehelp, Hy het my sterk gemaak. Daarom kon ek die goeie boodskap klaar bring en al die heidene kon dit hoor. Die Here het my gered van my vyande soos 'n mens iemand red van 'n leeu. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die Here het my nie alleen gelos nie. Hy was by my en het my krag gegee. Daarom kon ek die boodskap oor Jesus vir almal vertel en al die nie-Jode kon ook van God hoor. En ek is byna deur ’n leeu opgevreet, maar is gelukkig betyds gered. |