2 Timothy 4:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) By my eerste antwoord het niemand by my gestaan nie, maar almal het my verlaat;
Afrikaans (NLV) 2011 Toe ek die eerste keer voor die regter gebring is, was daar niemand by my nie. Almal het my verlaat. Ek hoop nie dit sal teen hulle tel nie!
Afrikaans 1933/1953 In my eerste verdediging het niemand my bygestaan nie, maar almal het my verlaat. Mag dit hulle nie toegereken word nie!
Afrikaans 1983 Toe ek my die eerste keer voor die hof moes verdedig, het niemand my bygestaan nie; almal het my in die steek gelaat. Mag God hulle dit nie toereken nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Tydens my eerste verdediging het niemand my bygestaan nie; inteendeel, almal het my in die steek gelaat. Mag dit hulle nie toegereken word nie!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe ek die eerste maal in die hof gekom het omdat mense my beskuldig het, het niemand my gehelp nie, almal het my alleen gelos. Ek hoop dat die Here hulle nie sal straf nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe ek die eerste keer in die hof my saak moes gaan verdedig, was daar niemand by my nie. Almal het weggehardloop en my net so gelos. Mag die Here hulle nie kwalik neem daaroor nie.