2 Timothy 4:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Demas het My verlaat, omdat hy hierdie teenswoordige wêreld liefgehad het, en het na Tessalonika vertrek; Crescens na Galasië, Titus tot Dalmatië.
Afrikaans (NLV) 2011 Demas het my verlaat omdat hy verlief geraak het op die dinge van hierdie lewe en toe na Tessalonika vertrek het. Kressens is weg na Galasië en Titus na Dalmasië.
Afrikaans 1933/1953 Want Demas het my verlaat, omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het, en het na Thessalon¡ka vertrek, Crescens na Gal sië, Titus na Dalm sië.
Afrikaans 1983 want Demas het die teenswoordige wêreld liefgekry en my verlaat en na Tessalonika vertrek. Kressens is na Galasië en Titus na Dalmasië toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want Demas het my verlaat: Hy het die huidige wêreld liefgekry, en na Thessalonika vertrek, Kressens na Galasië, en Titus na Dalmasië.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want Demas het my alleen gelos. Hy het besluit dat hierdie wêreld vir hom die belangrikste is en hy het na die stad Tessalonika gegaan. Kressens het na die land Galasië gegaan en Titus het na die land Dalmasië gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Demas is Tessalonika toe. Hy is nie meer by my nie, want hy het te lief geraak vir die dinge waarvan God nie hou nie. Kressens is Galasië toe en Titus is Dalmasië toe.