2 Timothy 4:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewendes en die dooies sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk;
Afrikaans (NLV) 2011 Ek wil jou dus ernstig aanspoor voor God en voor Christus Jesus, wat die lewendes en dooies gaan oordeel wanneer Hy verskyn om sy koningsheerskappy te vestig:
Afrikaans 1933/1953 Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk:
Afrikaans 1983 Ek beveel jou voor God en voor Christus Jesus wat die lewendes en die dooies sal oordeel, ek beveel jou met die oog op sy koms en sy koningskap:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek vermaan jou ernstig voor God en •Christus Jesus, wat die lewendes en die dooies gaan oordeel, en ook met die oog op sy verskyning en sy koninkryk:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Christus Jesus kom weer. Hy sal vir almal wys dat Hy Koning is en Hy sal die mense oordeel, die mense wat nog lewe en die mense wat klaar gesterf het. Daarom sê ek vir jou, en God en Christus Jesus hoor wat ek vir jou sê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Christus Jesus gaan as regter besluit wat eendag met die mense gaan gebeur, of hulle nog lewe en of hulle al dood is. Hy gaan weer kom en soos ’n koning kom heers.