2 Thessalonians 3:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nie omdat ons nie krag het nie, maar om onsself vir julle 'n voorbeeld te maak om ons te volg.
Afrikaans (NLV) 2011 Nie dat ons nie op versorging aanspraak kon maak nie, maar ons wou onsself as ’n voorbeeld vir julle stel om te volg.
Afrikaans 1933/1953 Nie dat ons nie die reg het nie, maar om onsself vir julle as 'n voorbeeld te stel, dat julle ons kan navolg.
Afrikaans 1983 Nie dat ons nie die reg het op onderhoud van julle nie, maar ons wou vir julle 'n voorbeeld wees wat julle moet volg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) nie dat ons nie die reg daartoe gehad het nie, maar sodat ons onsself vir julle as voorbeeld kon stel om na te volg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons is apostels van die Here, en daarom kon ons vir julle gevra het om vir ons te sorg. Maar ons het dit nie gedoen nie, want ons wou vir julle wys dat 'n mens vir homself moet sorg. Ons wou hê julle moet ook doen soos ons gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Natuurlik sou ons van julle kon verwag om vir ons te sorg. Maar ons het nie op ons regte aangedring nie. Nee, ons het besluit om julle te kom dien. Op hierdie manier het ons vir julle ’n voorbeeld gestel.