2 Thessalonians 3:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ons het niemand se brood verniet geëet nie; maar nag en dag met arbeid en moeite gedoen, sodat ons niemand van julle verskuldig sou wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 of bedelbrood van enigeen geëet nie. Inteendeel, ons het dag en nag hard gewerk en geswoeg om nie vir enigeen van julle ’n las te wees nie.
Afrikaans 1933/1953 ook het ons nie brood by iemand kosteloos geëet nie; maar ons het met arbeid en inspanning nag en dag gewerk om nie iemand van julle tot las te wees nie.
Afrikaans 1983 of op ander geteer nie. Inteendeel, ons het dag en nag geswoeg en gesweet om nie vir een van julle 'n las te wees nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ons het niemand se brood sonder betaling geëet nie, maar met swoeg en sweet, bedags en snags gewerk, sodat ons vir niemand van julle 'n las sou wees nie –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het by niemand kos gebedel nie, ons het daarvoor betaal. Ons het elke dag en nag hard gewerk en gesweet, want ons wou nie vir een van julle vra om vir ons te sorg nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nee, ons het dag en nag met ons eie hande gewerk sodat ons nie ’n las vir julle sou wees nie.