2 Thessalonians 3:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou beveel ons julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, dat julle julle onttrek van elke broeder wat onordelik wandel en nie volgens die oorlewering wat hy van ons ontvang het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Broers en susters, ons beveel julle in die Naam van die Here Jesus Christus om julle te onttrek aan elke medegelowige wat leeglê en wat nie leef soos julle by ons geleer het nie.
Afrikaans 1933/1953 Ons beveel julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, dat julle jul onttrek aan elke broeder wat onordelik wandel en nie volgens die oorlewering wat hy van ons ontvang het nie.
Afrikaans 1983 Ons beveel julle, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus: Onttrek julle aan elke broer wat leeglê en hom nie hou aan die opdragte wat julle van ons ontvang het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar ons beveel julle in die Naam van ons Here Jesus Christus, broers, dat julle elke broer moet vermy wat hom onordelik gedra, en nie optree volgens die oorlewering wat hulle van ons ontvang het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vriende, ons Here Jesus Christus het vir my gesê ek moet julle waarsku: Julle moet wegbly van al die gelowiges wat lui is en wat nie lewe soos ons vir hulle gesê het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Broers en susters, in die Naam van ons Here Jesus Christus sê ek reguit vir julle om weg te bly van daardie mense in die kerk wat in sonde lewe en hulle nie steur aan dit wat julle by my geleer het nie.