2 Thessalonians 3:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dat ons verlos kan word van onredelike en goddelose mense, want nie almal het geloof nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Bid ook dat ons bewaar sal word van slegte en bose mense, want nie alle mense kan vertrou word nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | en dat ons verlos mag word van die verkeerde en slegte mense, want die geloof is nie die deel van almal nie. |
| Afrikaans 1983 | Bid ook dat ons van verkeerde en slegte mense verlos word, want nie almal is gelowiges nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en dat ons gered sal word van die kwaadwillige en bose mense; want nie almal het geloof nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet ook bid dat die Here ons sal verlos van slegte mense wat na niemand wil luister nie, want dit is nie al die mense wat die goeie boodskap oor Christus wil glo nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Bid ook dat al hierdie goddelose en slegte mense wat dit vir ons so moeilik maak, daarmee sal ophou. Bid dat hulle planne sal misluk, want hulle glo nie in die Here nie. |