2 Thessalonians 3:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as iemand ons woord in hierdie brief nie gehoorsaam nie, let op daardie man en hou geen gemeenskap met hom nie, sodat hy beskaamd kan staan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Verder, as mense nie ons opdragte in hierdie brief gehoorsaam nie, identifiseer hulle. Vermy hulle sodat hulle kan skaam kry. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as iemand aan ons woord in hierdie brief nie gehoorsaam is nie, teken die man en hou geen gemeenskap met hom nie, sodat hy skaam kan word. |
| Afrikaans 1983 | En as iemand nie ons bevele, soos ons dit in hierdie brief vir julle gee, gehoorsaam nie, sonder dan daardie man af en vermy hom, dat hy kan skaam kry. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As iemand egter nie ons opdrag in hierdie brief gehoorsaam nie, merk hom, en vermy hom, sodat hy skaam kry. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As iemand nie luister na wat ons in hierdie brief skryf nie, dan moet julle vir almal sê wie hy is. Julle moet hom alleen los sodat hy kan skaam word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek wil julle nog ’n keer waarsku: as mense in die kerk hulle nie steur aan dit wat ek in hierdie brief skryf nie, moet julle lig loop vir hulle. Bly weg van hulle af. Dan maak dit hulle skaam. |