2 Thessalonians 3:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle wat sulkes is, beveel en vermaan ons deur onse Here Jesus Christus dat hulle met stilte werk en hul eie brood eet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die Naam van die Here Jesus Christus beveel ons sulke mense, ja, ons druk hulle dit op die hart, dat hulle rustig hulle werk moet verrig en so hulle eie brood moet verdien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sulke mense beveel en vermaan ons deur onse Here Jesus Christus, om rustig te werk en hulle eie brood te eet. |
| Afrikaans 1983 | Sulke mense beveel en gebied ons op gesag van die Here Jesus Christus dat hulle hulle aandag by hulle werk moet bepaal en hulle eie brood verdien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons raai sulke mense aan, ja, deur die Here Jesus Christus spoor ons hulle aan, om hulle dagtaak kalm te verrig, en so hulle eie brood te verdien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here Jesus Christus het vir my gesê ons moet vir daardie gelowiges hard en duidelik sê dat hulle moet ophou om altyd ander mense te pla, en dat hulle vir hulleself moet sorg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sê reguit vir al daardie mense, nee, ek beveel hulle in die Naam van die Here Jesus Christus: begin dadelik weer werk. Hulle moet van nou af self vir hulle gesinne sorg. |