2 Thessalonians 3:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want ons hoor dat daar sommige is wat onordelik onder julle wandel en glad nie werk nie, maar besig is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons sê dit omdat ons hoor dat sommige mense leeglê; dat hulle nie werk nie en hulle met ander persone se sake bemoei. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want ons hoor dat sommige onder julle onordelik wandel, dat hulle nie werk nie, maar bemoeisiek is. |
| Afrikaans 1983 | Ons sê dit omdat ons verneem dat daar mense by julle is wat leeglê, wat self nie werk nie en hulle net met ander se sake bemoei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want ons het gehoor dat sommige van julle onordelik optree, en nie wil werk nie, maar oral inmeng. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons hoor dat party gelowiges by julle baie lui is. Hulle wil nie werk nie, maar hulle pla altyd vir ander mense. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sê hierdie dinge omdat ek gehoor het dat ’n paar gelowiges daar by julle die spoor heeltemal byster geraak het. Hulle is te sleg om te werk, en nou verwag hulle van die ander om vir hulle kos aan te dra. Boonop steek hulle hul neuse in ander se sake. |