2 Thessalonians 3:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ook toe ons by julle was, het ons julle dit beveel: as iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe ons by julle was, het ons uitdruklik vir julle gesê: As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.
Afrikaans 1933/1953 Want ook toe ons by julle was, het ons julle dit altyd beveel: as iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.
Afrikaans 1983 Toe ons nog by julle was, het ons vir julle uitdruklik gesê: “As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want juis toe ons by julle was, het ons julle steeds beveel dat iemand wat nie wil werk nie, ook nie behoort te eet nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe ons by julle was, het ons duidelik vir julle gesê dat as iemand nie wil werk nie, dan moet hy ook nie eet nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mag ek julle ook herinner aan ’n belangrike ding wat ek vir julle gesê het toe ek by julle was: “As iemand te lui is om te werk, moet ander gelowiges nie vir hom sorg nie.”