2 Thessalonians 3:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ten slotte, broeders, bid vir ons, dat die woord van die Here vrye loop mag hê en verheerlik word, net soos dit by julle is.
Afrikaans (NLV) 2011 Ten slotte, broers en susters, bid vir ons sodat die woord van die Here vinnig mag versprei en net soos by julle met eerbied ontvang word.
Afrikaans 1933/1953 Verder, broeders, bid vir ons dat die woord van die Here sy snelle loop mag hê en verheerlik word net soos by julle;
Afrikaans 1983 Verder, broers, bid vir ons, sodat die woord van die Here vinnig mag versprei en oral in ere gehou mag word soos by julle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ten slotte, broers, bid vir ons, dat die woord van die Here vinnig sy loop sal neem, en net soos by julle, geprys sal word,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vriende, daar is nog 'n paar laaste dinge wat ons vir julle wil sê. Julle moet bid vir ons, sodat die goeie boodskap oor die Here Jesus vinnig by almal kan kom, en sodat mense bly kan wees wanneer hulle dit hoor, soos julle ook bly was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Broers en susters, bid asseblief vir ons! Vra dat die Here se krag ons sal dra wanneer ons die goeie nuus bekend moet maak. Dan sal die evangelie soos ’n veldbrand deur die wêreld versprei. Bid asseblief dat God oral geëer sal word waar ons preek, presies soos wat daar by julle gebeur het.